.

.

Logo Intercultural Platform
[HOME] [INTRODUCTION] [LITERATURE] [GALLERY] [NEW] [PUBLISH]

Begin Back Start reading Page down Forward End Mail

http//www.69.com/fuck/monicalivecam/usa.com. -
Clinton V. du Plessis

[Other titles in Afrikaans] [All other titles]


Ek kliek twee keer op die icon.

'n Raam maak op die skerm oop.
Action
Dialing attempt 1 of 5...
Status
Dialing...
Finding site
Verifying user name and password...
Connected at 31 200 bps.

Die albaster bly bo in die regterhoek draai.
Die raam maak stadig oop.
'n Lys met disclaimers verskyn met 'n opsie om te enter of te exit.
Ek gaan die site binne.
Haar foto laai stadig.
Eers die boonste punte van haar hare, stadig, stukkie vir stukkie, asof die rekenaar haar stadig aanmekaar sit.
Op die eerste foto is sy sonder bo-stuk, sy kyk verby die kamera na iets agter die fotograaf se skouer.

Links op die skerm is daar 'n reeks opsies.
- Bio
- Photo's
- Livecam
- Free tour
- My friends
- Members
- E-mail
Ek kliek op livecam.

Sy lê op 'n bed.
Dit is 'n dubbelbed met twee reuse wit kussings teen die kopstuk gestapel.
Die duvet is 'n sagte pienk en is ver teruggerol.
Op die kassie langs die bed, 'n halfvol glas, drankbottel en gebruikte spuitnaald.
Haar skoene lê by die voetenent van die bed.
Teen die muur van die kamer staan 'n boekrak.
Dit is volgepak met videokasette en boeke, 'n klomp tydskrifte lê die vloer vol.
Sy steek 'n sigaret aan en strek haar verveeld op die bed uit.
'n Man loop die kamer binne en stel 'n kamera in die hoek van die vertrek op.
Nog twee mans en 'n swart vrou sluit hulle by die twee aan.
Die vrou op die bed glimlag en kom lui orent.
Die swart vrou gaan sit langs haar op die bed.
Die twee mans loop na die kant van die bed.
Die derde man gaan neem stelling in agter die kamera.
'n Skerp lug fokus op die bed.

Ek kliek onder in die regterkantse hoek van die skerm en disconnect.
Die skerm vou swart voor my toe.

.

Another story by Du Plessis in Afrikaans.

Read more about the writer and writing in Afrikaans on the website of Du Plessis.

Notice © 1999 IP and the author


Page up

[Intercultural Platform] [Introduction] [Literature] [Gallery] [E-mail]

Copyright © Global Vision Platform / Adriaan Boiten     e-mail: webmaster

Find your way back to the Global Vision Platform Home Page